Hoe om Bidcoins-in-'n-Boks te gebruik.
Terwyl daar verskeie maniere is om Bidcoins-in-'n-Boks te gebruik om die Skrif te internaliseer en memoriseer, wil ons graag dievolgende praktiese voorstel maak:
Stap 1
Begin deur die Bidcoin houer op 'n veilige plek te bêre. Die plek moet nie net droog wees nie, maar ook buite die bereik wees van kinders en diere wees.
Stap 2
Neem een Bidcoin in die oggend uit die voorkant van die houer.

Stap 3
Soek die gedeelte in die Bybel waaruit die Skrif aangehaal is. Volg die dissipline van Lectio Divina om die Skrif asook die gedeelte te lees. ('n Kort voorstel van Lectio Divina kan op die agterkant van die Bidcoin-in-'n-Boks verpakking aangetref word.)


Stap 4
Neem die Bidcoin saam jou op jou daaglikse avonture en gebruik dit as herinnering om te bid en om die Skrif te memoriseer. Jy kan dit in jou broeksak sit of in jou beursie of handsak plaas.

Stap 5
Plaas die Bidcoin terug in die houer aan die einde van die dag.

Stap 6
Herhaal stappe 1-5 dievolgende dag met 'n nuwe Bidcoin.
Jy is welkom om jou Bidcoins met vriende en familie uit te ruil, solank dit veilig is om so te maak.
