Bidcoins-in-'n-Boks Stelle

Daar is huidiglik twee stelle beskikbaar: Bidcoins-in-'n-Boks en Bidcoins-in-'n-Boks (vir Vroue van Geloof). 

Hier volg meer inligting oor elke stel:


Bidcoins-in-'n-Boks

"Bid sonder ophou". -1 Tessalonisense 5:7

Blaas nuwe vuur in jou gebedslewe met Bidcoins-in-'n-Boks.

Verken die Woord deur 'n verskeidenheid van geliefde Ou en Nuwe Testament verse wat jou sal inspireer en uitnooi na 'n dieper verhouding met God. Die stel bestaan uit verse wat tot jou hart en verstand sal spreek en jou na finomenale gedeeltes in die Bybel sal neem wat jy tydens jou stiltetyd kan bestudeer.

Elke stel van Bidcoins-in-'n-Boks bestaan uit verskillende verse. Die bokse is nie identies nie en daarom kan 'n familie, groep vriende of kleingroep elk 'n boks bestel en Bidcoins onder mekaar uit ruil.

Gepas vir mans en vrouens.


Vroue van Geloof

"Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar." 1 Petrus 3:4

Vroue van Geloof soek na God. Hul soek heelhartig na hom en begeer om naby aan Hom te lewe. Om 'n Vrou van Geloof te wees beteken nie dat als perfek is nie. Inteendeel, dit gaan daaroor om jou vertroue in God te plaas. Om nie vir vrees in te gee nie, om vol hoop te wees, om op Sy Waarheid te staan, en na Hom te soek. Dit is om te kies om jou geloof in Hom te plaas.

Elke Vroue van Geloof Bidcoins-in-'n-Boks stel bestaan uit dieselfde verse en is 'n ideale geskenk vir Inspirerende Vroue van Geloof.

 

afAfrikaans