Wat is Bidcoins-in-'n-Boks?

Voor ons gesels oor wat Bidcoins-in-'n Boks is, kom ons praat gou oor wat dit nie is nie.

Bidcoins-in-'n-Boks is MDF produkte waarop Skrifverse gegraffeer is. Verdermeer is dit 'n geloofshulpmiddel wat jy kan gebruik om jou verhouding met God te versterk. Bidcoins-in-'n-Boks moet dus nie met Bitcoin of ander kriptogeld verwar word nie. Bidcoin-in-'n-Boks is geensins 'n geldeenheid nie.

So wat is Bidcoins-in-'n-Boks?

Bidcoins-in-'n-Boks is 'n praktiese manier om jouself met die Woord van God te vul deur skriflesing en gebed inmekaar te weef, en die Skrif te memoriseer.

Die naam Bidcoin is geskep deur twee woorde "bid" en "coin" te kombineer. Letterlik gesproke is Bidcoin 'n gebedsmunt. Dit is 'n daaglikse herinnering om te bid, en 'n maklike manier om die Skrif te internaliseer.

Die beeld van die ‘biddende hande’ aan die voorkant van die Bidcoin herinner ons daaraan om voortdurend met God in gesprek te tree, en nie net ons gebede tot ’n paar minute in die oggend te beperk nie. Die skrifvers aan die agterkant van die Bidcoin nooi ons om die Skrif met ons hart en ons verstand te verken, asook om dit te memoriseer.

Om ons produk verder van ander te onderkskei verwys ons na dit as Bidcoins-in-'n-Boks. So volgendekeer wanneer jy by 'n braai is, onthou om mense te vra of hul al van Bidcoins-in-'n-Boks gehoor het, en nie net van Bidcoins nie., and not just of Bidcoin.

Figuur 1: Bidcoins-in-'n-Boks
afAfrikaans