Voordele van Bidcoins-in-'n-Boks

Bidcoins-in-'n-Boks is die maklikste manier om jouself met die Woord van God te vul deur skriflesing en gebed inmekaar te weef, en die skrif te memoriseer.

Voordele van Bidcoins-in-'n-Boks:

  • Memoriseer die skrif maklik: Ons glo om die Skrif te memoriseer kan maklik en pret wees. Bidcoins-in-'n-Boks sal nuwe asem in jou geestelikelewe blaas deur jou voor te stel aan 'n dinamiese manier om die Skrif te memoriseer.
  • Verken verskeie gedeeltes van die Bybel: Deur Bidcoins-in-'n-Box te gebruik sal jy verskeie gedeeltes in die Bybel verken wat spreek van God se liefde en genade. Ons het al verskeie oomblike beleef waar ons verstom was oor die skirfverse wat ons raakgelees het, en is seker jy sal ook.
  • Groei saam as 'n gemeenskap: Bidcoins-in-'n-Boks is die perfekte geloofshulpmiddel om op jou eie of saam 'n kleingroep te gebruik. As familie of kleingroep kan jul saam Lectio Divina beoefen en ook 'n speletjie speel waar jul toets om te sien wie hul week se skirfverse die beste kon memoriseer. Die wenner besluit dan watter verse hul met ander wil uitruil.
  • Bidcoins-in-'n-Boks kan klippe kou: Anders as klein stukkies papier met Skrifverse op wat buig en skeer wanneer jy dit in jou sak steek, sal Bidcoins nie so maklik beskadig word nie. Dit beteken dat jy dit heeldag saam jou kan dra op die plaas, of selfs wanneer jy gaan inkopies doen.
  • Leer hoe om sonder ophou te bid: As volgelinge van Jesus word ons uitgenooi om voortuderend met Hom ingesprek te tree, en deur te Bid Sonder Ophou leer ons om 'n leefstyl van gebed te kweek en nie net ons gebede tot 'n paar minute in die oggend te beperk nie.

Met soveel voordele is dit maklik om te verstaan hoekom mense gaande is oor hul Bidcoins-in-'n-Boks. Bidcoins-in-a-Box.

Figuur 1: Een van die Bidcoins van Bidcoins-in-'n-Boks


 

 

 

afAfrikaans